Showing posts with label Geology. Show all posts
Showing posts with label Geology. Show all posts

Wednesday, July 28, 2010

Geloof speel ook "n Rol

Na vele bepeinsing waag ek ook nou om oor die Eselkloupan verskynsel te skryf.
Omdat die meeste skrywers geloof inbring sal ek ook daar begin.
Geloof is dit wat dit is - net geloof en net dit.
Die wetenskap is dit wat ons weet. Ook net dit.
Ek weet dit wat ek weet omdat ek dit met my beperkte sintuie kan waarneem.
Ek byvoorbeeld, sien in alles om my, die teenwoordigheid van my skepper. Ek stry met niemand daaroor nie. As 'n blinde man se dat daar nie 'n son bestaan nie kan ek nie met hom stry nie . Vir hom bestaan die son nie.
Die wetenskap neem waar en verklaar alles aan die hand van sy waarnemings.
Ek het die spore as Quasi wetenskaplike gaan besigtig. My eerste indruk was dat dit sekerlik vir die oningeligte na spore sal lyk. By nadere omdersoek het dit egter geblyk dat die gaatjies almal in n reguit ry is en dat dit presies eenders lyk.
Omdat blote waarneming subjektief kan wees, het ek voorgestel dat ons afdrukke van die gaatjies maak en dit vergelyk. Van die vyf gaatjies waarvan ons afdrukke gemaak het was drie presies eenders. Die ander twee was ook presies eenders.Dit stem ooreen met die spore van 'n viervoetige dier ( twee voorvoete en twee agtervoete)
Ek het die fotos van verskeie maalgaatjies bestudeer. Die vorm is kenmerkend maar daar is nie twee wat dieselfde lyk nie.
Wat die datering van die gesteentes betref: Geen datering is absoluut betroubaar nie.
Wat die ouderdom van die aarde aan betref en wanneer lewe ontstaan het is die meeste skattings net teoriee. Hoewel dit as 'n wetenskap geklasifiseer is is die meeste skattings nog net hipoteses wat met 'n hoe graad vertroue aanvaar kan word. Die venstertjie waardeur ons na die verlede kyk is bitter klein. Dis om in en minuut voor middernag op oujaar vir iemand te vra hy moet met dit wat hy nou kan waarneem te beskryf wat gedurende die hele jaar gebeur het.
Wat die eselkloupan verskynsel aanbetref. Ek kan met n groot mate van vertroue se dat dit nie maalgaatjies nie. Geen maalgat lyk so nie. Ons kan nie se dat nie spore is omdat die gesteentes te oud is nie Ons kan net se dat ons nie bewus was daarvan dat lewe so vroeg al bestaan het nie. Of ons moet weer ons metodes van datering evalueer. Of ons moet verder soek om die verskynsel te verklaar.
Al wat ons op hierdie stadium met sekerheid kan se is dat die verskynsel uniek is en dat dit bewaar moet word.
Danie Coetzee

Monday, July 26, 2010


Die beskrywing van die Noord Kaap Geologie is op http://www.geoscience.org.za/index.php?option=com_content&task=view&id=341&Itemid=449


Geologie Les

Hi Almal,

'n Kwartsiet is 'n gesteente wat dominant uit sand bestaan wat
"gemetamorfiseer" is. As dit nie gemetamorifeer is nie, sou ons dit
sandsteen genoem het, soos wat baie van die ou gebou in die kaap asook die
Unigebou van gebou is. Tydens metamorfose verander die sand, smelt as te
ware, om kwarts kristalle te vorm en dan noem ons dit 'n kwartsiet. Net soos
'n katoenland wat klitsgras of kakiebos in het, noem ons dit nie 'n
kakiebosland nie, maar dit wat die meeste daarin voorkom en dus, hopelik 'n
katoenland, alhoewel ek wonder as ek na sommige lande kyk. Dus, alhoewel
daar rolstene in die "Ezelsklougesteentes" voorkom is die gesteente dominant
van kwarts en word dit dus 'n kwartsiet genoem. Die gedeelte waar die
kolkgate voorkom is meer rolsteenryk, maar as daar na die hele gebied gekyk
word is die dominante gesteente kwartsiet.

Hier is so 'n stukkie oor geologie:
Daar word 2 primere gesteentes gevind:
1. Stollingsgesteentes: Die gesteentes word in 2 groepe verdeel nl.: As die
gesmelte rots bo die oppervlak uitkom soos in vulkane, noem ons dit lawa
soos by Hawaii en word dit vulkaniese rots genoem. Hier kry mens dan Basalte
of basaltiese lawas waarvan die Drankensberge 'n goeie voorbeeld is. As die
gesmelte rots onder die aardkors stol noem ons dit magma of Plutoniese rots
en hier is die bekendste seker graniet wat a.g.v. verweering op die
oppervlak blootgestel word soos die graniete by Augrabies.
Stollingsgesteentes word verder ingedeel volgens hulle chemie, mineraal
samestelling, kleur, tekstuur, Kristal grootte, ens.
2. Sedimenteregesteentes: Dis meestal stollings gesteentes wat verweer na
sand, modder, slik, ens, wat dan verhard om sandsteen, moddersteen en
sliksteen te vorm. Let op dat dit korrelgrote klassifikasies is. 'n
Konglomeraat, wat uit rolstene bestaan, soos wat ons in 'n rivierbedding
aantref, val ook in die groep, maar Wollie jy moet saamstem dat daar hier en
daar rolsteentjies is, maar dat dit nie 'n konglomeraat is nie.

Die derde gesteente is dan 'n metamorfe gesteente, wat soos ek hierbo gesĂȘ
het, uit een van die boonste 2 bestaan, maar a.g.v. druk en temperatuur
verander word. Metamorfe gesteentes word volgens die graad van metamorfose
(graad van verandering) ingedeel bv. Groen Skis-, Amfiboliet-, Granuliet
fasies, ens. 'n Goeie voorbeeld is die baie donker gesteentes omtrent 10km
uit Upt na Groblershoop wat die Amfiboliete van die Jannelsepan formasie van
die Areachap Groep is.

Vir nou dink ek dis genoeg, maar vir die baie ywerige klipliefhebber is daar
by die Raad van Geowetenskappe in Upt boeke te koop oor die geologie van ons
omgewing. Skakel gerus vir Alexander Aggenbach of Google sommer Geology of
the Northern Cape.

Groete

Deon Rossouw