Showing posts with label Northern Cape. Show all posts
Showing posts with label Northern Cape. Show all posts

Monday, January 31, 2011

Water, Water every where!!!!


The Orange River is about to reach a new peak and already lands that were flooded in the last high are under water again. Much of the levies that were damaged then have now given way which means even more losses for the farmers of our district. Our tourist attractions and accommodation establishments have also not escaped the ravages of the River. Boegoeberg Dam Resort has its camping area and access roads under water and Kheis Riverside lodge has suffered great losses and is also in parts still under water.
It is likely that the Grootdrink bridge will again have to be closed. Enquire before using.
Other images of the situation today at:
http://www.facebook.com/album.php?aid=2104130&id=1525502476&l=27c703cf18

Wednesday, July 28, 2010

Geloof speel ook "n Rol

Na vele bepeinsing waag ek ook nou om oor die Eselkloupan verskynsel te skryf.
Omdat die meeste skrywers geloof inbring sal ek ook daar begin.
Geloof is dit wat dit is - net geloof en net dit.
Die wetenskap is dit wat ons weet. Ook net dit.
Ek weet dit wat ek weet omdat ek dit met my beperkte sintuie kan waarneem.
Ek byvoorbeeld, sien in alles om my, die teenwoordigheid van my skepper. Ek stry met niemand daaroor nie. As 'n blinde man se dat daar nie 'n son bestaan nie kan ek nie met hom stry nie . Vir hom bestaan die son nie.
Die wetenskap neem waar en verklaar alles aan die hand van sy waarnemings.
Ek het die spore as Quasi wetenskaplike gaan besigtig. My eerste indruk was dat dit sekerlik vir die oningeligte na spore sal lyk. By nadere omdersoek het dit egter geblyk dat die gaatjies almal in n reguit ry is en dat dit presies eenders lyk.
Omdat blote waarneming subjektief kan wees, het ek voorgestel dat ons afdrukke van die gaatjies maak en dit vergelyk. Van die vyf gaatjies waarvan ons afdrukke gemaak het was drie presies eenders. Die ander twee was ook presies eenders.Dit stem ooreen met die spore van 'n viervoetige dier ( twee voorvoete en twee agtervoete)
Ek het die fotos van verskeie maalgaatjies bestudeer. Die vorm is kenmerkend maar daar is nie twee wat dieselfde lyk nie.
Wat die datering van die gesteentes betref: Geen datering is absoluut betroubaar nie.
Wat die ouderdom van die aarde aan betref en wanneer lewe ontstaan het is die meeste skattings net teoriee. Hoewel dit as 'n wetenskap geklasifiseer is is die meeste skattings nog net hipoteses wat met 'n hoe graad vertroue aanvaar kan word. Die venstertjie waardeur ons na die verlede kyk is bitter klein. Dis om in en minuut voor middernag op oujaar vir iemand te vra hy moet met dit wat hy nou kan waarneem te beskryf wat gedurende die hele jaar gebeur het.
Wat die eselkloupan verskynsel aanbetref. Ek kan met n groot mate van vertroue se dat dit nie maalgaatjies nie. Geen maalgat lyk so nie. Ons kan nie se dat nie spore is omdat die gesteentes te oud is nie Ons kan net se dat ons nie bewus was daarvan dat lewe so vroeg al bestaan het nie. Of ons moet weer ons metodes van datering evalueer. Of ons moet verder soek om die verskynsel te verklaar.
Al wat ons op hierdie stadium met sekerheid kan se is dat die verskynsel uniek is en dat dit bewaar moet word.
Danie Coetzee

Tuesday, June 29, 2010

Klein Onderneming Trek Tog Voordeel Uit Wêreldbeker-Sokkertoernooi.


Op Woensdag 28 April 2010 het "Calabash" , 'n kleinsake onderneming naby
Grootdrink, die laaste van sy bestellings afgehandel vir die voorsiening van
kalbasse en kalbasprodukte aan die Johannesburgse maatskappy, Topturf, wat
op sy beurt verantwoordelik is vir die dekor by al die sokker stadions
tydens die Wêreldbeker-Sokkertoernooi.
Die losies by die verskillende stadions gaan die verskillende Suid
Afrikaanse kulture uitbeeld. Voorleggings deur Topturf was verlede jaar aan
Fifa gedoen en elke tema moes deur 'n paneel goedgekeur word. Aangesien
kalbasse so 'n integrale deel van die Afrika kultuur uitmaak, moes
"Calabash" altesaam 2650 kalbasse en 3000 kalbasvase vir hierdie doel
voorsien.
Vir baie lesers mag die bestelling klein en onbelangrik voorkom, maar in die
moeilike ekonomiese omstandighede waarin die wêreld tans vasgevang is, het
hierdie bestelling vanaf Topturf werk en 'n inkomste vir baie vroue van
Topline en Grootdrink (Tussen Upington en Groblershoop) verseker en is
hierdie gemeenskappe van die weiniges in die Noord Kaap wat werklik voordeel
kon put uit die Wêreldbeker-Sokkertoernooi wat volgende maand aangebied gaan
word.
Kalbas produksie is baie arbeid intensief en gedurende Mei-maand is dit
natuurlik ook die tyd wat die kalbasse wat verlede jaar geplant is deur
werkers geoes en op droogbane uitgepak word om te droog, voordat dit verder
verwerk word.
Daar heers tans groot opgewondenheid by die personeel van "Calabash" oor
hierdie jaar se kalbasoes. Saad van 'n nuwe kalbaskultivar wat van die
buiteland bekom is, is vir die eerste keer hierdie groeiseisoen geplant. Die
kalbasplante is aan draadheinings opgelei om te verseker dat die nekke van
die kalbasse reguit groei. Die bestuur het 'n behoefte in die mark
geïdentifiseer en glo daar behoort 'n afset vir so 'n produk te wees. Sover
vasgestel kan word is dit die eerste keer dat hierdie stelsel in die praktyk
by kalbasverbouing toegepas word.