Saturday, July 24, 2010

Die Volgende Spore











Hallo alle Vriende,
Eerstens wil ek net weer ons doelwit waarmee ons besig is, stel.
Ons is nog steeds besig om toerisme in ons streek te bevorder en te bemark
en 'n belangrike faktor is om mense se belangstelling te prikkel. Een
daarvan is om debat oor 'n onderwerp soos hierdie te begin.
Julle kan die briefwisseling op ons webblad volg
Dit is ook belangrik om mense van besienswaardighede in ons streek bewus te
maak en ons het al so 'n paar interessante plekke onder die publiek se
aandag gebring.
Een daarvan is die glip-laag wat naby Grootdrink geleë is. (volgens Deon en
Piet Bothe is dit 4.5 Biljoen jaar gelede gevorm) Die Boesman-grot op "Oude
Puts". Die ander is ons besonderse plante en die natuur in die algemeen.
Deon ons waardeer jou insette maar vergeef dat ons kritiese denkers bly. My
ondervinding van mense is dat ons maar trop diere is en gewoonlik blindweg
'n denkpatroon volg sonder om die nodige kritiese vrae te vra. Ons vrae is
egter nie 'n poging om die wetenskap verkeerd te bewys nie, maar om onsself
meer toe te rus en ons omgewing beter te leer ken.
Soos ek wiskundig, aangedui het, (Wat 'n integrale deel is van die
wetenskap), is die kanse dat die vorm van die "spoel gate" dit 12 keer kan
herhaal bykans wiskundig onmoontlik en indien dit wel so is, dan is dit óp
sigself 'n wonder.
Jy noem dat die Groblershoop Formasie bestaan uit kwartsiete, skiste en
metalawas. Ons het natuurlik nie 'n idee wat dit alles beteken nie, maar op
bygaande foto kan duidelik gesien word dat die formasie waarin die spore
gevorm is 'n konglomeraat van sand (klei) en spoel klippe is. Is dit ook op
dieselfde stadium gevorm?

Ek wil my vriend André herinner, dat die geskiedenis ons leer dat in
gevalle waar dit werklik saak maak, is die meerderheid en die geleerdes
gewoonlik verkeerd.
Lees gerus Luk 23:21
maar hulle het aanhoudend uitgeroep: "Kruisig, kruisig hom!"


Groetnis en baie dankie.
Wollie Burger

ns Die ander foto's is die glip-laag en een van die gate wat nie deel is van
die spore waarvan ons afdrukke gemaak het nie.

No comments:

Post a Comment