Sunday, November 14, 2010

Nuwe Voorsitter


Vir al ons lede en belangstellendes wat nie die Boegoeberg Eco Roete se
vergadering op Vrydag 5 November 2010 kon bywoon nie, sal dit interessant
vind om te weet dat mnr. Jaco Kriek verkies is as nuwe voorsitter van
hierdie vereniging.
Die Boegoeberg Eco Roete was verlede jaar deur die Byna Bo Landbou Unie
geïnisieer met die doel om toerisme binne die gebied vanaf Boegoebergdam tot
by Upington te ontwikkel en bemark. Carin Husselman en Graham Page was die
eerste voorsitter en ondervoorsitter en onder hul leiding is reuse vordering
die afgelope jaar gemaak om hierdie visie 'n werklikheid te maak.
Die webwerf www.boegoebergecoroute.co.za is deur Graham geskep om die
streek te bemark en Carin het behalwe al die ander verantwoordelikhede as
voorsitter ook die toerisme sentrum by die OWK proelokaal ingerig en beman.
Ons wil graag namens almal in hierdie streek, hierdie twee bedank vir hul
toewyding en persoonlike opofferings. Hulle was nie beskikbaar om weer in
hierdie posisies gekies te word nie, maar gelukkig is hulle weer op die
bestuur van die vereniging gekies en is ons gelukkig om hierdie kundigheid
binne die organisasie te behou en verder te benut.
Die nuwe voorsitter nl. Johan Kriek en sy vrou Liza met hul twee kinders het
hulle die afgelope jaar in ons streek gevestig. Die gesin is oorspronklik
vanaf Gauteng maar is passievol oor dié streek, dié natuur en sy mense.
Jaco en Liza ons weet julle sal baie gelukkig hier wees en baie sterkte met
jou rol as voorsitter van hierdie organisasie.

1 comment:

  1. Hello Boegoe News! I'm not a tourist or traveller, but is looking for INFO on the actual sites of the farms i.e. photos of the old Primary School at Opwag; houses od Opwag - where my grandfather Frans van Niekerk, my uncle Kerneels van Niekerk and the Ollewagens used to stay. These would be OLDER sites of at least 30years ago.

    ReplyDelete